Aftree-oord sluit jaar met vrolike funksie af
Die inwoners is bederf met ’n driegang-maaltyd en goeie vermaak
Die Witfield Park Aftree-oord het onlangs ’n moeilike jaar in styl afgesluit met ’n Gatsby-tema jaareindfunksie.
Dit was ’n spoggeleentheid waar inwoners en personeel ’n driegang-maaltyd kon geniet. Inwoners het lekker gekuier en Gracenote Music het hul vermaak met rustige musiek. Die trio het liedjies soos Jingle Bells, Sleigh Ride en Somer Kersfees gespeel.
Alle Covid-19 maatreëls is gevolg.
Marinda Lombard, bestuurder van die aftree-oord, het die funksie as ’n sukses beskryf.
“Ek glo dit was ’n hoogtepunt vir die inwoners aangesien hul weens die pandemie nie juis sosiaal kon verkeer nie. Solank die inwoners dit geniet het, is ek gelukkig,” het Marinda gesê.
Lees Ook: Witfield Park Retirement Village residents enjoy knitting and reading during lockdown
Lees Ook: Retirement centre commemorates Cancer Awareness Month








