
Hoërskool Oosterlig se leerders het bewys dat hul kreatiwiteit nie deur Covid-19 ingeperk kan word nie.
Drie leerders, Mieke van der Merwe, Amanda Dicks en Allison Lock, het aan die ATKV se Nasionale Senior Afrikaanse Olimpiade deelgeneem en uitstekend presteer.
Anastacia van Jaarsveld (brons) en Mieke (twee silwer en goud) spog ook met hul skryfkuns in die Internasionale Afrikaans-Ekspo. Luschenke Lubbe het in die Dell’Arte, Con Spirito, Fiesta Artestique en Bedford Eisteddford kunswedstryde in verskeie afdelings uitgeblink, wat skryfkuns, visuele kuns, fotografie en lees insluit. Sy is ook gekies om deel te wees van die Speeltoneel 2020.
Die skool is trots op die leerders se prestasies.
Lees Ook: Jansies vaar goed in Con Spirito se aanlynkunswedstryd








