Local newsNews

Geniet Geloftediens te Klipkerk

Vanjaar is Covid-19 regulasies egter van toepassing en slegs 250 persone met maskers sal by die erediens toegelaat word

Reeds etlike dekades is dit die gebruik in Boksburg om op 16 Desember ’n Geloftediens te hou waar belangstellende lidmate van al die kerke in en om Boksburg welkom is om dit by te woon.
So kry die leraars van die verskillende Afrikaanse kerke om die beurt die geleentheid om die jaarlikse Geloftediens waar te neem.
Volgens Davie van der Merwe is goeie samewerking in hierdie verband nog altyd verkry en die ondersteuning van hierdie geleenthede deur die verskillende kerke se lidmate verblydend en die opkoms besonders goed.
“In die vroeë 1960s is daar met die aanbieding van die Geloftedienste afgeskop deur dit vroegoggend om 5vm te Prince George Park se sportterrein aan te bied,” het Van der Merwe gesê.
“Vanaf 2001 toe die terrein nie meer vir hierdie doel beskikbaar was nie is die verrigtinge in die skoolsaal van Hoërskool Dr EG Jansen voortgesit.
“Vanaf 2004 word die Geloftediens jaarliks by die geskiedkundige NG Kerk Moedergemeente (Klipkerk) in Voortrekkerstraat aangebied.
“Vanjaar sal Dr Pieter Kruger van die NG Kerk Witfield die diens lei. Sy preektema is ‘In elke moeilikheid help Hy ons’.
“Daar gaan vooraf saamgesing word onder leiding van Johan Brand uit liedere wat in ‘n gratis program ingebind is. Kom laat ons uitvoering gee aan die Gelofte wat deur ons voorouers afgelê is en dat ons dit aan ons kinders sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte.
“Vanjaar is Covid-19 regulasies egter van toepassing en slegs 250 persone met maskers sal by die erediens toegelaat word. Besprekings vir bywonings moet asseblief gedoen word deur die spesiale SMS of WhatsApp nommer (076 859 5126). Temperatuurlesings sal by die kerkdeure geneem word en daar moet by afstandreëlings gehou word.
“Na die Geloftediens sal daar vanjaar ongelukkig nie gesellig saam verkeer kan word nie. Daar sal wel verseëlde pakkies met worsrolletjies en koeldrank te koop aangebied word.”
Vir meer besonderhede skakel Van der Merwe by 011 826 2716 of 082 488 3791.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button