Laerskool Concordia se Graad Sewe leerders het op 4 Desember deur ‘n spesiale hekkie in die skool geloop om hul era by die skool af te sluit.Verlede jaar het dié nuwe tradisie by skool begin waar Graad Een leerlinge deur die hek stap om amptelik deel te word van die skool. Die leerders stap dan weer uit die hek as hul hulle laerskoolloopbaan by Concordia voltooi het.

Die hoof van die skool, Charel Blignaut, het die leerders sterkte toegewens vir die toekoms.“Die jaar 2020 sal beslis onthou word vir Covid-19, maar ek glo ook vir die geleenthede wat geskep is om as gesin nader aan mekaar te kon beweeg.
“Mag jou hoërskooljare net die mooiste inhou, mag jy van krag tot krag gaan en jou Godgegewe talente ten volle uitleef. Ek bid elkeen voorspoed en gesondheid toe op jou lewenspad. Laerskool Concordia stuur jou weg met ‘n vaste fondasie – bou hierop voort. Jy sal suksesvol wees,” het Blignaut vir die leerlinge gesê.

Also Read :Laerskool Concordia samel weer eens bloed in
Also Read: Concordia se leerders sing saam met Touch of Class



