NewsSchools

Bekkige Jansies blink uit in redenaars

Volgens Magda Scholtz, organiseerder van die redenaars, dra die leerders die Jansennaam hoog

Hoërskool Dr EG Jansen se redenaars het die afgelope jaar op nasionale vlak uitgeblink.
Die volgende leerders het in radikale redenaars en interskole redenaars presteer:
• Kimé Steenkamp is die nasionale wenner van die interskole redenaars (onvoorbereide lees) en nasionale wenner van die radikale redenaars (tweetaligheid). Sy het ook ’ n tweede plek in Engels eksperimenteel, voorbereiede redenaars en ’n vierde plek in Afrikaans eksperimenteel verwerf.
• Markus van Niekerk is die nasionale wenner in die radikale redenaars se voorbereide redenaars.
• Vianette de Kock het ’n derde plek verower in die interskole redenaars vir onvoorbereide redenaars.
• Juvandre Block het ’n eersteplek ingepalm by die Op die Planke Toneelfees se monoloogafdeling.
Volgens Magda Scholtz, organiseerder van die redenaars, dra die leerders die Jansennaam hoog.
“Ons is voorwaar trots op hulle prestasies,” het Scholtz gesê.

Also Read: Jansies vaar goed in Con Spirito

   

 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button