Marita tree af na 38 jaar in die bedryf
Marita was verantwoordelik vir al die sosiale geleenthede, uitstappies, werkswinkels en inwoners se emosionele welsyn
Leefstylkonsultant van die Witfield Park Aftree-oord Marita van der Walt het besluit om die einde van die jaar af te tree.
Die 63-jarige het aan Hugenote Kollege in Wellington studeer en later ook ’n BDiac-graad deur die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf.
Sy was vir 25 jaar ’n maatskaplike werker by CMR. Daarna het sy vir 13 jaar by Witfield Park gewerk.
By Witfield Park was sy verantwoordelik vir al die sosiale geleenthede, uitstappies, werkswinkels en inwoners se emosionele welsyn. Sy het ook die oord se suksesvolle jaareindfunksies gereël.
Cara Johnstone, versorgingsbestuurder van die aftree-oord, het Marita bedank vir haar jarelange diens.
“Marita het ’n passie vir die inwoners. Sy was behulpsaam, vrygewig met haar tyd en het altyd ’n glimlag vir almal.
“Haar kollegas en die inwoners gaan haar baie mis. Ons wens Marita en haar man, Stiaan, net die beste toe met hul aftrede,” het Cara gesê.
Also Read: Witfield Park Retirement Village residents enjoy knitting and reading during lockdown



