Local newsNews

AfriForum bring Kersfees na Boksburg

Die lede het al 150 geskenke uitgedeel en sal ook deur loop van die week nog geskenke in ander dele van Boksburg uitdeel

Die plaaslike AfriForum se Kersprojek het op 14 Desember talle harte bly gemaak toe hulle die strate van Boksburg ingevaar het om geskenkpakkies vir kinders uit te deel.
Lede van AfriForum, Makopano Risk Solutions en AAA Alarms het deur die omgewing van Comet en Cason gery in motors wat met kersliggies versier is. Kersvader was agter op een van die bakkies en het die geskenke vir die kinders gegee.
Die geskenkpakkies, wat deur Window of Hope en Sovereign Safety geborg is, bevat skryfbehoeftes, lekkers en ‘n geskenk. Die pakkies is gesaniteer en die organisasie het aan al die Covid-19 regulasies voldoen.
Volgens die plaaslike tak se skakelbeampte, Gerald O’Kelly, was die eerste aand van die projek ‘n reuse sukses.
“Hierdie was ‘n moeilike jaar danksy die pandemie en daarom wil ons vreugte en die gees van Kersfees verspei,” het hy vertel.
O’Kelly het al die borge bedank wat bygedra het tot die sukses van die projek.
“Ek wil graag dankie sê aan elke borg en persoon wat die inisiatief ondersteun het. Ons sou nie die projek sonder hulle hulp kon doen nie,” het hy bygevoeg.
Die lede het al 150 geskenke uitgedeel en sal ook deur loop van die week nog geskenke in ander dele van Boksburg uitdeel.

Lees Ook: AfriForum and community members clean Chris Smith Park

Lees Ook: AfriForum Boksburg’s neighbourhood watch takes part in national mass patrol

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button