Local newsNews

Nuwe voorsitter gereed om uit te reik

Dit is vir die nuwe voorsitter 'n groot eer om 'n aandeel te hê in die verligting, voorkoming en verbreking van armoede

André Zeelie staan nou gereed om die leisels oor te neem as die nuwe voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Boksburg-tak.

Dié Witfield-inwoner het in 2008 lid geword van die plaaslike Helpende Hand omdat hy ‘n omgee-mens is wat ander op ‘n praktiese wyse wil help.

“Dit is ‘n groot eer om ‘n aandeel te hê in die verligting, voorkoming en verbreking van armoede. Ek het nou die geleentheid om uit te reik na behoeftiges in ons gemeenskap.

“Ons het verskeie projekte wat deur die jaar hardloop soos die bederfdag vir bejaardes in ouetehuise en voedingskema. Dit is vir my belangrik om die uireiking en ondersteuning aan behoeftiges in ons gemeensap verder uit te brei. Ongelukkig word die behoeftes al hoe groter weens die pandemie,” het die nuwe voorsitter gesê.

Volgens hom moet mense saamstaan om die gemeenskap te ontwikkel.

“Ons het die gemeenskap se helpende hande nodig om ‘n verskil te kan maak. Ons het vrywilligers nodig om hiedie droom ‘n realiteit te maak.” Ondersteuners kan aansluit vir R50 per maand. Vrywilligers kan altyd uithelp met projekte of in die liefdadigheidswinkel (49A Mainstraat),” het hy vertel.

Skenkings soos kos, meubels, linne, klere, speelgoed, toiletware, skoonmaakmiddels en kombuisware word altyd waardeer.

Kontak André op 060 550 6077 vir enige donasies of verdere navrae.

Lees Ook: Help Solidariteit Helpende Hand om behoeftiges te ondersteun

Lees Ook:  Helpende hand vra jagters vir hulp

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button