Die Laerskool Westwood pre-primêr het op 26 Januarie leerders verwelkom vir oriëntering.
Tydens die Advertiser se besoek aan die spogskool was meeste van die leerders gewapen met maskers en handreiniger, opgewonde om hul onderwysers te ontmoet.
Die kleuterskool bied klasse aan vir leerders in Graad RRR, RR en R.
Volgens die kleuterskool se hoof, Glynis Kotze, volg die skool alle Covid-19 regulasies en werk Westwood op ’n rotasiebasis.
“Die doel van die oriëntering is om vir die leerders en ouers te wys hoe alles by die skool werk. Ons het die leerders in groepe verdeel om vol klasse te verhoed. Daar mag ook net ’n sekere hoeveelheid kinders by die skool wees. Daar is op hierdie stadium ongeveer 10 kinders in ’n klas,” het die hoof gesê.
Die kleuterskool sal oop bly totdat die regering aankondig dat kleuterskole moet sluit.
Gallery
Lees Ook: Concordia spog met nuwe kleuterskool









