Local newsNews

Boksburg sterre vaar uitstekend by Con Spirito

Aspirantkunstenaars van regoor die land het aan die kunswedstryd deelgeneem

Verskeie leerders van Boksburg het ten spyte van die pandemie verlede jaar in die Con Spirito-kunswedstryd uitgeblink.
Die finale rondte van die kompetisie, oftewel die Con Spirito Forté, het tussen 29 November en 13 Desember plaasgevind. Leerders het die keuse gehad om aanlyn of by Leeuwenhof Akademie deel te neem.
Aspirantkunstenaars van regoor die land het deelgeneem. Daar was ook deelnemers van Namibië.
Volgens Lizelle van Staden, uitvoerende direkteur van die kunswedstryd, het 891 leerders aanlyn deelgeneem en 808 leerders by Leeuwenhof.

Die volgende leerders van Boksburg is top presteerders:
• Danike van der Merwe van Laerskool Baanbreker het ’n trofee ontvang vir Beste Drama in Graad Een. Sy deel die toekenning met MartMari Rautenbach van Laerskool Orion.
• Tenishke Greyvensteyn van Laerskool Baanbreker het trofees ontvang vir Beste Drama in Graad Drie, Beste Redenaars, Beste Kuns en Mees Veelsydige Laerskool Junior (Graad Een tot Drie).
• Helene Piek van Laerskool Baanbreker het ’n toekenning verwerf vir Beste Instrumentaal (Graad Vier tot Sewe).
• Chloe Cornelissen van Laerskool Baanbreker het ’n toekenning ontvang vir Beste Skryfvermoë (Laerskool). Sy deel die trofee met Dhiyaa Osman van Cambridge Academy.
• Jané van Niekerk van Hoërskool Oosterlig het ’n trofee ontvang vir Beste Hoërskool Danser.
• Divan Hyman van Hoërskool Oosterlig het ’n toekenning ontvang vir Beste Kuns Hoërskool. Hy deel die trofee met Divan Venter van Hoërskool Suid-Natal.
• Anushka Olivier van Hoërskool Oosterlig het ’n trofee gekry vir Beste Drama in Hoërskole Dogters. Sy deel die toekenning met Franciska-Louise Raubenheimer van Hoërskool Randburg.
• Mieke Dippenaar van Oosterlig het ’n trofee ontvang vir Beste Onvoorbereide Lees Hoërskole.

Lees Ook: Jansies vaar goed in Con Spirito se aanlynkunswedstry

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button