Local newsNews

Plaaslike verkenner op nasionale vlak vereer

Die kommando is trots op die verkenner se prestasie

Wilmien du Plessis van die Baanbreker Voortrekkers het onlangs op nasionale vlak uitgeblink.
Wilmien, wat verlede jaar ’n Graad Sewe leerder te Laerskool Baanbreker was, het die Voorslag-toekenning verwerf.
Dit is die hoogste toekenning wat ’n Voortrekker kan kry in hulle laerskoolloopbaan.
Graad Sewes verwerf die Voorslag-toekenning nadat hulle aan die vereistes van die Voorslagproses voldoen het. Die proses sluit in die bywoning van ’n sekere aantal gebiedskampe, die suksesvolle voltooïng van ’n sekere aantal spesialisasies, belofte spesialisasie en aantal jare diens in die Voortrekkers.
Hennie Venter, kommandoleier, het Wilmien geluk gewens met haar toekenning.
“Die kommando is trots op haar prestasie,” het hy gesê.

Lees Ook: Susan Badenhorst Kommando-verkenners verwerf gesogte toekennings

Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers gaan groen

   

 
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button