Plaaslike sangeres het hart van goud
Die sangeres beskryf haarself as vriendelik, liefdevolle en altyd bereid is om ander help
CC Leigh van Freeway Park is besig om haar merk te maak in die musiekbedryf.
Die Advertiser het by die sangeres gaan aanklop om meer oor haar en haar loopbaan uit te vind.
Waarom het jy begin sing en wat het jou geïnspireer om agter die mikrofoon te klim?
Ek sing al van kleins af. My pa het altyd my naam opgeskryf as daar karaoke was. Ek was altyd skaam om voor mense te sing. Ek het in die koor begin sing toe ek in Laerskool Elsburg was en ek was baie lief vir my koorjuffrou, juf Rostelle.
Hoe het jou loopbaan ontvou?
Ek het nog altyd daarvan gehou om te sing, maar nie professioneel nie tot ek tydens verlede jaar se inperking met sanger Morné Lesley kontak gemaak oor ’n liefdagheidsprojek.
Ek is ’n aanhanger van hom en ek onthou hom van my jonger dae. Ek het later ’n grap met hom gemaak op Facebook en gevra of hy ooit saam met ’n aanhanger ’n duet sou wou sing. Daarna vra hy dat ek vir hom ’n liedjie stuur waar ek sing. Ek stuur toe vir hom Funny face van die musikant Barbra Ray. Sy is my rolmodel.
Kan jy ons meer vertel oor die liedjie wat jy saam met Morné opgeneem?
Morné het die liedjie Picture gekies vir die duet. Hy het vir my die liedjie gestuur en gevra of ek dit ken. Ek het dadelik die liedjie begin oefen en die volgende dag my opname vir hom gestuur.
Saam met wie sal jy in die toekoms wil werk?
Ek sal graag wil aanhou om saam met Morné te werk. Hy het ’n briljante stem en is vreeslik talentvol. Morné is bekend vir sy treffer Always Be There wat goud getref het.
Wat is volgende vir CC Leigh?
Om my eerste debuutalbum vry te stel en wat ookal die Here se planne is met my vorentoe.
Hoe het die pandemie jou geraak?
Ek is mede-eienaar van ’n elektriese en solarbesigheid en dit was glad nie maklik nie, maar met die genade van Bo het ons besigheid dit oorleef.
En weens Covid-19 het ek meer tyd op my hande gehad om op my sangloopbaan te fokus.
Hoe is jy betrokke by die gemeenskap van Boksburg?
Ek het ’n liefdadigheidsorganisasie waar ek probeer om mense in nood te help. Hierdie jaar sal ons weer die Winter Hearts-projek behartig waar ons die gemeenskap vra om ’n kombers te skenk, met of sonder ’n kospakkie.
Vir enige navrae kontak my by 074 976 3995.
Kan jy vir ons vyf interessante feite van jouself gee?
• Ek is ’n dieremens, maar ek is vreeslik bang vir slange.
• Ek het nog nooit gerook nie.
• Ek kan goed skiet met ’n vuurwapen.
• Ek is mal oor country-musiek.
• Ek sal altyd mense probeer help waar ek kan.
Is daar iets wat jy wil byvoeg wat jy voel belangrik is?
Ek dank God vir my talente en gawes. Sonder Hom is ek niks nie.
Dankie aan my verloofde, dogtertjie, ons ouers, familie, vriende vir al die ondersteuning, liefde en omgee.
’n Groot dankie aan Morne vir sy hulp, raad en bystand en ElectroQuet(Pty)Ltd vir hul toegewyde en lojale ondersteuning en borgskap (www.electroquet.co.za).
Also Read: Plaaslike sangeres stel hierdie jaar nuwe Afrikaanse popmusiek album vry
Also Read: Sangeres Lu-Anél bereik nuwe hoogtes



