Local newsNews

Skooltassieprojek bring die hoop weer terug

Elke tas is gevul met skryfbehoeftes en hulpmiddels wat verseker dat elke Graad Een die geleentheid het om sy of haar potensiaal te verwesenlik

Solidariteit Helpende Hand se jaarlikse Skooltassieprojek het met groot sukses afgeloop.

Die projek is daarop gemik om behoeftige Graad Eens te bemagtig om op dieselfde vlak as hul maats die skooljaar te kan begin.

Altesaam 70 tasse is by Boksburg laerskole wat aansoek gedoen het (Laerskool Concordia, Laerskool Baanbreker en Laerskool Van Dyk Park Primary) uitgedeel.

Elke tas is gevul met skryfbehoeftes en hulpmiddels wat verseker dat elke Graad Een die geleentheid het om sy of haar potensiaal te verwesenlik.

Die Gauteng-Oos streeksorganiseerder van Solidariteit Helpende Hand, Mariolette Vorster, het die skooltasse georganiseer en afgelewer by die individuele skole namens die Solidariteit Helpende Hand Boksburg-tak.

André Zeelie, voorsitter van die Boksburg-tak, het genoem dat dit ’n seëning is om projekte soos hierdie te kan aanpak.

“Met ons volgende projek poog ons om die res van behoeftige leerders, Graad Twee tot 12, te voorsien van ’n skryfbehoeftepakket. Ons is egter totaal afhanklik van die gemeenskap en enige donasies is meer as welkom,” het die voorsitter gesê.

Donasies in die vorm van goedere soos klere en skoene, linne, meubels, kombuisware sal waardeer word.
Vir meer inligting, kontak André by 060 550 6077.

Lees Ook: Solidariteit Helpende Hand Boksburg ontvang welkome skenking vir skryfbehoefte-projek

Lees Ook: Help Solidariteit Helpende Hand om behoeftiges te ondersteun

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button