NewsSchools

Jansieraad bak en brou vir ’n goeie doel

Die Jansieraad het het ’n totaal van R5 780 ingesamel vir kinders met kanker

Hoërskool Dr EG Jansen het sy harte oopgemaak teenoor Cupcakes of Hope, ’n welsynsorganisasie wat hom beywer vir bewusmaking en geldinsameling vir kinders met kanker.

Die Jansieraad het kolwyntjies gebak en op 11 en 12 Maart vir R10 by die skool verkoop met die doel om die wins aan Cupcakes of Hope te skenk. ’n Totaal van R5 780 is ingesamel.

De Wet van Tromp, Simone van Heerden, Zenobia Strydom en Zandri Jansen van Vuuren het kolwyntjies verkoop ten bate van Cupcakes of Hope. Foto: Maryna Smith.

Van die leerders het ook items soos geel linte in hul hare gedra om bewustheid oor kinderkanker te kweek.

Van die kolwyntjies wat die Jansieraad gebak het ten bate van Cupcakes of Hope. Foto: Maryna Smith.

Volgens Marilize Burger, een van die organiseerders, was die projek die leerlingraad se liefdagdigheidsprojek vir die maand.

Sy het die inisiatief as ’n sukses beskryf en almal bedank wat die Jansieraad se projek ondersteun het.

Lees Ook: EG Jansen spog met briljante tennisspelers

Lees Ook: Baanbreker en EG Jansen spog met nuwe Graad Eens en Graad Agts

   

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button