Local newsNews

Gee ’n helpende hand aan behoeftiges

Enige donasies in die vorm van linne, klerasie, meubels, kombuisware, speelgoed en skoene word waardeer

Solidariteit Helpende Hand Boksburg-tak, ’n nie-winsgewende organisasie, het weer die publiek se hulp nodig om ’n sukses van hul skryfbehoefte-projek te maak.

Die organisasie het die behoefte aan skryfbehoeftes geïdentifiseer onder minder-bevoorregte Graad Twee tot Graad 12 leerders.

Die Boksburg-tak het besluit om ’n projek van stapel te stuur om ook aan hulle behoeftes te voorsien en leerders so te bemagtig om hul skooljaar op dieselfde vlak te kan begin as hul mede-skoliere.

“Dit is ’n projek wat ons tak reeds vir die afgelope ses jaar hardloop,” het Andre Zeelie, voorsitter van die Boksburg-tak, gesê.

“Dit beteken dat ons met die begin van elke kwartaal donasies benodig om hierdie leerders te kan voorsien van ’n skryfbehoeftepakket. Ons is totaal en al afhanklik van die gemeenskap se ondersteuning om ’n sukses van elk van ons projekte te maak.”

Zeelie het ook sy dank uitgespreek aan almal wat die projek al in die verlede ondersteun het.
“Dit is danksy die gemeenskap dat ons in staat is om sulke projekte aan te pak. Ons volgende projek is om onderklere en kouse te voorsien aan behoeftige kinders, as lede van die publiek dalk kouse wil skenk,” het hy bygevoeg.

Enige donasies in die vorm van linne, klerasie, meubels, kombuisware, speelgoed, en skoene word waardeer.

Vir meer inligting, kontak Zeelie by 060 550 6077.

Lees Ook: Solidariteit Helpende Hand Boksburg ontvang welkome skenking vir skryfbehoefte-projek

Lees Ook: Solidariteit Helpende Hand Boksburg samel skryfbehoeftes in vir minderbevoorregtes

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button