NewsSchools

#Jyisiemandsetipe: Concordia is weer agter jou bloed aan

Weens die pandemie kon die skool nie in 2020 ’n groot bloedskenkdag hou nie, dus samel hul nou op maandelikse basis bloed in vir die nasionale bloedbank

’n Tekort aan bloed is steeds ’n realiteit.

Laerskool Concordia het juis daarom die inisiatief geneem om vanaf 7 tot 8 April op die skoolgronde bloed in te samel vir SANBD.

Die skool is te Rietfonteinweg 99 geleë en die span van die nasionale bloedbank sal op altwee dae van 9vm tot 4nm gereed wees om skenkers by te staan.

Om bloed te kan skenk moet jy:

• Tussen die ouderdom van 16 tot 75 wees.
• Jy moet 50kg of meer weeg.
• Jou gesondheid moet in ’n goeie toestand wees.
• Jou tattoes moet ouer as drie maande wees.
• Jy moet ’n gesonde leefstyl hê.
• Jou bloed moet geskik wees vir oortapping aan ’n ander pasiënt.
• Jy moet toegewyd wees om gereeld bloed te skenk.

Concordia het in 2019 hulle eie Suid-Afrikaanse rekord van die meeste bloed wat binne 12 ure geskenk word vanaf 258 eenhede na 516 eenhede verdubbel. Weens die pandemie kon die skool nie in 2020 ’n groot bloedskenkdag hou nie, dus samel hul nou op maandelikse basis bloed in vir die nasionale bloedbank.

Lees Ook: Bloed vloei weer vir bloedbank danksy Concordia

Lees: Concordia skenk weer eens bloed

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button