NewsSchools

EG Jansen kleur die skool blou en wit vir outisme

Elke leerder het ’n bydrae van R10 gemaak wat ten bate van outisme aangewend sal word

Leerders en personeel van Hoërskool Dr EG Jansen het op 1 April blou en wit klere gedra om hulle steun te demonstreer vir wêreld-outismedag wat jaarliks op 2 April herdenk word.

Hierdie projek is van stapel gestuur deur die skool se se pompoms.

Die doel van die dag was om bewustheid te kweek oor dié neuro-biologiese ontwikkelingsteuring en om geld in te samel om aan hierdie saak te skenk.

“Elke leerder het ‘n bydrae van R10 gemaak wat ten bate van outisme aangewend sal word. Ons het ook lootjies verkoop vir twee paaseiermandjies wat geskenk is,” het een van die organiseerders, Magda Scholtz, gesê.

Die organiseerder het verduidelik Boksburg se Peterhouse School for Special Needs (Excelsior Academic College) en Healing Hugs Therapy Dogs baat by die projek.

Die skool is nog besig om vas te stel presies hoeveel geld ingesamel is.

Also Read:EG Jansen spog met briljante tennisspelers

Also Read: Jansieraad bak en brou vir ’n goeie doel

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button