NewsSchools

EG Jansen samel oor die R14 000 in vir outisme

Die doel van die inisiatief was om bewustheid te kweek oor outisme en om geld in te samel om aan hierdie saak te skenk. Die Pompoms van Hoërskool Dr EG Jansen het besluit om 2021 ’n jaar van “pay it forward” te maak waarin hul teruggee aan die gemeenskap.

Die Pompoms van Hoërskool Dr EG Jansen het besluit om 2021 ’n jaar van “pay it forward” te maak waarin hul teruggee aan die gemeenskap.

EG Jansen Pompoms het onlangs Peterhouse School for Special Needs in Parkrand geïdentifiseer as hul gemeenskapsprojek en het R14 210 ingesamel vir die skool.

Dit kom na leerders van EG Jansen op 1 April blou en wit klere gedra het vir Wêreld Outismedag wat jaarliks op 2 April herdenk word. Elke leerder wat gewone klere gedra het, het ’n bydrae van R10 gemaak.

“Dankie aan elke Pompom-meisie, leerder, ouer en onderwyser wat ons ondersteun het. Ons het ook lootjies verkoop vir twee paaseiermandjies om die fondse aan te vul,” het die organiseerder, Magda Scholtz, gesê.

Duane Kruger en Stephan van Staden het die paaseiermandjies gewen. Die oorhandiging het op 15 April by EG Jansen plaasgevind. Verteenwoordigers van die Peterhouse School en van hul terapiehonde het die skenking aanvaar.

Helen Derret (hoof van Peterhouse School), Jenique Botha (hoofpompom) en Leon de Beer (hoof van EG Jansen). Foto: Maryna Smith.

“Wat ’n belewenis was dit nie om met die terapiehonde – Robroy, Jenny en Ruby – te kon speel nie. Dit het ons dag sommer opgekikker. Ons kan net dankie sê vir instansies soos Peterhouse School wat soveel vir kinders met outisme doen,” het Scholtz bygevoeg.

Lees Ook: EG Jansen kleur die skool blou en wit vir outisme

Lees Ook: Jansieraad bak en brou vir ’n goeie doel

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button