NewsSchools

EG Jansen gesluit weens Covid

Volgens die hoof van Hoërskool Dr EG Jansen, Leon de Beer, het ongeveer sewe leerders die jaar positief getoets vir die virus.

Jansies sal tot en met 7 Junie met Jan Tuisbly se karretjie moet ry aangesien die skool gesluit is as ‘n voorkomingsmaatreël nadat daar positiewe Covid-19 gevalle by die skool geïdentifiseer is.

Die skool is sedert 26 Mei gesluit.

Volgens die hoof van Hoërskool Dr EG Jansen, Leon de Beer, het ongeveer sewe leerders die jaar positief getoets vir die virus, waarvan meeste van die gevalle onlangs is.

“Diegene wat in aanraking gekom het met leerders wat positief getoets het vir die virus moet nou self-isoleer,” het de Beer verduidelik.

De Beer het beklemtoon dat hy glo dit is onwaarskynlik dat die leerders die virus by die skool opgetel het aangesien alles by die skool gesaniteer en gekontroleer word.

Also Read: EG Jansen hockey player shares Holland experience

Also Read: EG Jansen spog met nuwe onderwysers

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button