Laerskool Concordia het op 13 Junie aangekondig sy hekke sal tot 21 Junie gesluit wees as ’n voorsorgmaatreël weens positiewe Covid-19 gevalle.
Volgens die skool se hoof, Charel Blignaut, het vyf leerders, sewe onderwysers en twee administratiewe personeellede die virus onderlede.
“Dit is met hartseer dat ek moet aankodig dat daar in hierdie tyd soveel mense positief getoets het in Gauteng, in ons area en ook in ons skool.
“Ek en my vrou, Yolanda (’n onderwyseres by Concordia), het ook positief getoets.
“Na vele onderhandelinge die naweek met ons direkteur en verskeie belanghebbendes is daar besluit om die skool te sluit om vir almal die geleentheid te gee om te herstel. In hierdie tyd word die skool ook ontsmet.
“Weet net dat die leerders se lewens, my eie lewe en personeel se lewens vir ons kosbaar is.
“Ons bid beskerming en volle genesing vir elkeen van ons gemeenskap,” het Blignaut bygevoeg.
Die skoolhoof self-isoleer nou en het gesê dat hy net sukkel met sy bors, ’n hoes en moegheid. Yolanda se simptome sluit ’n algemene gevoel van grieperigheid in.
Lees Ook: Laerskool Concordia spog met nuwe leiers
Lees Ook: EG Jansen gesluit weens Covid



