Leah Vivier (Graad Agt), Chiara Dover en Kate Heydenrych (Graad Nege), Harmen Potgieter, Chanté Dover en Joscelyn Wessels (Graad 11) het onlangs uitgeblink by die aanlyn-redenaarskompetisie, ATKV-Digipraat.
Leah het met haar toespraak, Ouers moet ophou om vir hulle tieners “nee” te sê, ’n sewende plek nasionaal in die Graad Agt tot Nege Huistaal-kategorie losgepraat.
Joscelyn het met haar toespraak, Murgbene uitsuig kan tot nuwe insigte lei, ’n derde plek nasionaal in die Graad 10 tot 12 Huistaal-kategorie behaal.
Harmen het vir sy toespraak ’n A+ verdien en Chiara, Chanté en Kate elkeen ‘n A.
Die skool is trots op die leerders se prestasies.
ALSO READ: Nuwe hoofleiers by Oosterlig aangekondig
ALSO READ: Oosterlig kondig eerstespanne aan



