Laerskool Baanbreker se ouers het onlangs hul beursies en harte oopgemaak teenoor behoeftige gesinne in die gemeenskap.
Baanbreker het vanaf 7 tot 18 Junie kruideniersware ingesamel en die skool se ma’s en pa’s het nie geskroom om die inisiatief te ondersteun nie.
“Die pandemie het baie gesinne geraak en die skool se ouers wil graag help met ’n paar basiese items per gesin en ’n kombers vir die koue aande,” het Francina Stroebel, woordvoerder van Laerskool Baanbreker, gesê.
LEES OOK: Laerskool Baanbreker se hoof groet
LEES OOK: Laerskool Baanbreker kondig top 10 aan
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



