Local newsNews

Plaaslike sim-renjaer blink uit in Mercedes-Benz ATK Pro-reeks

Om in hierdie kompetisie deel te kompeteer moes De Jager in Maart deelgeneem het aan die Gran Turismo Sport kwalifiseringsrondte saam met ongeveer 60 tot 70 ander sim-jaers.

Juan de Jager, ‘n sim-renjaer van Hoërskool Dr EG Jansen, het op 31 Julie ‘n derde plek losgeslaan by die gesogte Mercedes-Benz ATK Pro-reeks.

Die Graad 11-leerder het verduidelik die ATK Pro-reeks een van die grootste sim racing-reekse in die land is waar top sim-jaers vanaf regoor die land teen mekaar meeding.

Sim resies (gesimuleerde wedrenne) is virtuele motorsport waarin ‘n rekenaarsimulasie op ‘n rekenaar van speletjieskonsole motorwedrenne realisties simuleer.

Om in hierdie kompetisie deel te kompeteer moes De Jager in Maart deelgeneem het aan die Gran Turismo Sport kwalifiseringsrondte saam met ongeveer 60 tot 70 ander sim-jaers. Hier het hy ‘n posisie verwerf in die top 10 (afdeling een).

De Jager was ook volgens sy kennis die jongste deelnemer.

“Daar was ongelooflike goeie sim-jaers wat aan die reeks deelgeneem het. Ek is in ekstase oor my resultate en baie dankbaar en trots om deel te kon wees van hierdie opwindende reeks.

“Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om my span DeadMenRacing (DMR), gestig in Mei 2020 deur Ruan van der Walt en Dean Nortje (‘n mede Boksburger), te bedank vir hulle ondersteuning, asook ons borge, Rebel Store ZA en Equipment Warehouse.

“Ek is trots om te kan sê dat ons span top vvf resultate verwerf het tydens die ATK-reeks. Baie dankie aan die organiseerders ook,” het hy gesê.

De Jager het aan en af van kleins af belangestel in sim-resies, maar het van laat 2018 begin kompeteer.
Hoeveel tyd spandeer hy aan aanlyn motorresies?

“Afhangende van die wedren waarvoor ek voorberei, kan ek enige iets tussen ses en 12 ure per wedren aanlyn spandeer wat rofweg omskakel in 800-1 600km. Dit sluit gesamentlike DMR oefensessies uit.”

Sy doelwit is om as een van die top Suid Afrikaanse sim-jaers bekend te staan.

“Ek wil sodoende my span, my land en myself internasionaal verteenwoordig en wil dit graag deel van my beroep maak.

“Sim resies is een van die gewildste virtuele sportsoorte in die wêreld en het het oor die afgelope paar jaar, veral tydens die pandemie, baie ondesteuning gelok. Met nasionale en wêreldwye sim-wedrenne, is dit geen verrassing dat dit gekies is as een van die vyf Olimpiese virtuele sportsoorte nie.”
De Jager is ook ‘n motorsportgeesdriftige.

“Ek ondersteun onder andere RX Rally Cross met die voormalige renjaer Andreas Bakkerud as ‘n gunstelling. Ook MOTOGP met Marc Marquez ‘n ikoon. My gunsteling F1-renjaer is Sebastian Vettal, om ‘n paar te noem,” het hy bygevoeg.

Also Read: Maserati F Tributo Special Edition models premiere to celebrate brand’s motorsport history

Also Read: Plaaslike renjaer op die wenpad

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button