#WallOfRemembrance: ’n Huldeblyk aan De Wet Kilian
Volgens Kilian se familie het hy die hart van 'n engel gehad.

De Wet Kilian (67) van Boksburg is op 6 Augustus weens Covid-19 oorlede.
Sy familie het geskryf:
Op 6 Augustus 2020 het die lewe van ons gesin in ’n oogwink verander. Ons liefste pa, oupa en my ma (Lydia) se eggenoot, De Wet Kilian, is huis toe geroep deur ons Hemelse Pappa. Hy was in die hospitaal vanaf 18 Julie 2020 vir ‘n reeks operasies en dit was die laaste keer wat ons hom kon sien. Hy het in die hospitaal die Covid-virus opgetel. Die skok was groot. Hy moet mos veilig in die hospitaal wees?
Om iemand wie jy weet jy gaan nooit weer sien nie, kan aanraak, ’n drukkie kan gee en om Pappa se stem te hoor, is ondraagbaar. Daar is ’n leemte wat niks en niemand ooit sal kan vul nie. Ons huil elke dag oor Pappa. Daardie trane kom uit ons harte en siele uit.
‘n Jaar is verby, maar ons verwag nogsteeds dat Pappa die deur oopmaak en hallo sê.
Ons verlang ongelooflik na Pappa en die seer is nog onbeskryflik. Lief Pappa met ons hele hart en siel, met alles wat ons is.
Baie dankie vir alles wat Pappa vir ons almal gedoen het. Pappa het alreeds die hart van ’n engel gehad.
Met al ons liefde, Gogga, Vanessa, Herkie, Werner, Gena, Megan, Etienne, Nicolette, Marius, Marnic, Caitlyn, Chantel, Ronan, Darian en almal wat Pappa lief gehad het.
LEES OOK: #Covid-19: Wall of Remembrance
LEES OOK: Pay tribute to a loved one lost to Covid-19



