Local newsNews

Ondersteun Helpende Hand Boksburg se Jockeys en Sokkies-prokek

Helpende Hand is ’n nie-winsgewende organisasie en totaal afhanklik van donasies vanuit die gemeenskap.

Solidariteit Helpende Hand Boksburg het die publiek se hulp nodig om ’n sukses te maak van hul nuwe Jockeys en Sokkies-projek.

Met dié projek poog die plaaslike Helpende Hand-tak om vir minderbevoorregte kinders kouse en onderklere in te samel.

“Die idee vir hierdie projek het gekom na ons ’n Kerspartytjie vir minderbevoorregte kinders gehou her. Die ouers moes vir ons ’n wenslys stuur van watter geskenk hul wil hê by die partytjie.

“Dit was vir ons skokkend om te sien hoeveel ouers gevra het vir onderklere en kouse in plaas van speelgoed. Ons het toe besef daar is ’n groot nood onder behoeftige gesinne vir onderklere en kouse vir kinders,” het Amanda Zeelie van Helpende Hand Boksburg gesê.

Sy het gesê dat die organisasie dit sal waardeer as die gemeenskap die projek sal ondersteun.

“Lede van die publiek kan onderklere en kouse vir seuns en meisies skenk. Ons samel die items vir kinders van voorskool tot matriek in. Dit kan ook tweedehands wees indien dit in ’n baie goeie toestand is,” het Zeelie bygevoeg.

Sy het almal bedank wat reeds donasies gemaak het aan die organisasie.

Helpende Hand is ’n nie-winsgewende organisasie en totaal afhanklik van donasies vanuit die gemeenskap.

Die publiek word ook aangemoedig om die organisasie se liefdadigheidswinkel, Ons Winkel, te Mainstraat 49, Witfield, te ondersteun.

Vir meer inligting, kontak André Zeelie (voorsitter) by 060 550 6077.

Lees Ook: Solidariteit Helpende Hand Boksburg ontvang welkome skenking vir skryfbehoefte-projek

Lees Ook: Help Solidariteit Helpende Hand om behoeftiges te ondersteun

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button