Ivanke de Lang, ’n Graad Ses-leerder van Laerskool Westwood, is ’n finalis in die Mej Junior Suid-Afrika 2021-kompetisie.
“Die platform help om dogters te leer om liefdadigheidswerk te doen, wat Ivanke graag doen. Sy help graag kinders wat in ’n huis van veiligheid geplaas word (The Potters Haven), asook Four Paws, ’n welsynsorganisie vir diere, hulle red diere in nood en beskerm hulle,” het Anelle Myburgh, hoof van bemarking by die skool, gesê.
Westwood is trots op Ivanke se prestasie en waardeer haar insette om haar omgewing te help.
Om vir haar te stem, besoek www.pageants.co.za of SMS MMT011 to 47087.
Lees Ook: Laerskool Westwood kondig nuwe leiers aan
Lees Ook: Laerskool Westwood eager to get children back in the classroom



