NewsSchools

Insimbi se kunskompetisie kry hupstoot

Leerders word aangemoedig om kreatief te raak en in te skryf vir die kompetisie.

Hoërskool Dr EG Jansen het bewys dat hul omgee deur Laerskool Concordia se uitdaging te aanvaar om betrokke te raak by die Insimbi Legacy Projects se kunskompetisie wat onlangs van stapel gestuur is.

Die doel van die kompetisie is om renosterbewaring te skep en fondse in te samel vir Insimbi, ’n nie-winsgewende organisasie wat daarop fokus om renosters te bewaar en te beskerm. Al die fondse wat deur die projek ingesamel word gaan aan renosterbewaring.

Laerskool Concordia moedig reeds hul leerders aan om deel te neem aan die kompetisie (inkleur en kuns), en nou gaan EG Jansen ook sy gewig agter die inisiatief gooi.

Die kategorieë van die kompetisie is 14 tot 16 jaar en 17 tot 19 jaar. Inskrywingsfooie is R50 en inskrywings sluit einde Oktober. Alle kunswerke moet oorspronklik wees.

Wenners van die kunskompetisie sal met ’n sertifikaat en R500 kontantprys wegstap. Die ondewyser wat die meeste inskrywings werf sal ook ’n naweek weg wen na die organisasie se reservaat in Limpopo.

Vir meer inligting of om in te skryf, stuur ’n e-pos aan sharon@insimbilegacyprojects.co.za

Leon de Beer, hoof van EG Jansen, het gesê hy is dankbaar vir die geleentheid om betrokke te raak by bewaring.

Carmela Lattanzi het die Insimbi Legacy Projects in 2014 gestig om die publiek betrokke te kry by die geveg teen stropery na een van haar prominente renosters, Insimbi, gestroop is.

Lees Ook: Insimbi Legacy Projects in need of support for rhinos during lockdown

Lees Ook: Bookings for Insimbi Legacy Projects AWAC weekends now open

     

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button