Kate-Lynne Trott (Graad Agt), Nicole Meyer (Graad 11), Diané Botha (Graad Nege), Ané Borman (Graad Agt), Ticara Steyn (Graad 11), Arno du Plessis (Graad 11), Abigail Maritz (Graad 10), Karla Schoombee (Graad Nege), Kayla van Dalen (Graad Agt) en Megan Marais (Graad Nege) en Francois Nel (skoolhoof). Afwesig: Heyley Esterhuizen (Graad 10) en Jody Olifant (Graad 10). Foto: Verskaf
2021 is ’n jaar van baie eerstes by Hoërskool Oosterlig.
Die spogskool het vir die heel eerste keer aan die Beeld-skryfkompetisie deelgeneem.
Skole kon drie leerders per graad se kreatiewe skryfwerk, wat tussen Januarie en 31 Augustus verskyn het, inskryf. Hierdie skyfwerke is dan op nasionale vlak beoordeel. Die kompetisie was stram, met skole van regoor die land wat mekaar die stryd aan gesê het.
Oosterlig is deel van die Top 40 Afrikaans huistaal hoërskole. Die skool spog ook met een van sy eie Graad 11-leerders, Nicole Meyer, wat een van Afrikaans huistaal se top leerders is.