NewsSchools

EG Jansen maak weer harte oop teenoor die gemeenskap

Die skool is dankbaar vir wat hul moue opgerol het ten bate van die nasionale bloedbank.

Hoërskool Dr EG Jansen het 58 eenhede bloed ingesamel tydens die skool se eerste bloedskenkdag van die jaar op Januarie 24.

Dit is ’n afname teen die 147 eehede wat verlede jaar September ingesamel is.

Lede van die nasionale bloedbank was vanaf 07:00 met hul beddens, naalde, sap en koekies gereed om skenkers by te staan. Tot na 16:00 is beddens volgesit.

Ronel Steenkamp, projekbestuurder, het gesê: “Ons het gehoop om meer eenhede bloed in te samel, maar ongelukkig kon die leerders nie hierdie keer in klastyd ook bloed skenk nie omdat hul op akademie moet fokus.

“Ons is wel baie trots op EG Jansen se leerders, want dit is meestal leerders en onderwysers wat hul moue opgerol het. Daarom wil ons egter die ouers uitdaag om die skool en leerders te kom ondersteun. EG Jansen maak hul harte oop om lewens te red,” het Steenkamp gesê.

Trude Gareekoe van die nasionale bloedbank het haar dank uitgespreek teenoor die skool se bestuur, beheerliggaam en almal wat bloed geskenk het.

“Vandag het julle ons gehelp om ongeveer 147 lewens te red. Ek wil ook almal aanmoedig om bloed te skenk,” het Gareekoe gesê.

Die spogskool het verlede jaar hande gevat met sy buurskool, Laerskool Concordia, wat gewoonlik op ’n maandelikse basis bloed insamel. Die skole het besluit om nou om die beurt maandeliks bloedskenkdae aan te bied.

Die datum van die volgende bloedskenkdag is nog nie bevestig nie.

Lees Ook: Bloed vloei vir bloedbank by EG Jansen

Lees Ook: EG Jansen soek weer jou bloed

   

Related Articles

Back to top button