NewsSchools

Wessies se atlete blink uit

Die skool is trots op die atlete se prestasies.

Laerskool Westwood se atlete het die jaar op ’n goeie noot afgeskop en het sover puik presteer in hul byeenkomste.

Die skool het hierdie jaar weer op 8 Februarie aan die interlaer te Boksburg-stadion deelgeneem. Die Wessies het uitgeblink, en 15 atlete dring deur na die BLAV-byeenkoms wat op 23 Februarie by dieselfde stadion uitgespook is.

Westwood se atlete het hulle weer goed van hul taak gekwyt en sewe leerders het die skool verteenwoordig by die D6-byeenkoms wat op 2 Maart plaasgevind het.

Luan Visser en Melinda Myburgh is as die skool se victor ludorum en victrix ludorum 2022 aangewys.

Lees Ook: Nuwe personeel vir Laerskool Westwood

Lees Ook: Laerskool Westwood kondig nuwe leiers aan

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button