Local newsNews

Sluit aan by die Boksburg VLU

Boksburg VLU doen ’n beroep op gemeenskapslede om by die tak aan te sluit.

Die VLU bestaan al vir 90 jaar en is ’n organisasie wat die volwasse vroue verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Tydens die plaaslike VLU se vorige vergardering op 2 Maart te NG Kerk Boksburg (Klipkerk), het die vroue lief en leed gedeel. Die tak se toekoms is ook bespreek.

Na die tyd het die lede peuselhappies saam met koffie of tee geniet.

Alta Prinsloo, voorsitter van die plaaslike VLU, moedig die publiek aan om betrokke te raak by die tak.

“Die Boksburg-tak is op soek na nuwe lede. Ons tak se toekoms is op die spel. Enige persoon, oud en jonk, is welkom om by ons aan te sluit,” het Prinsloo bygevoeg.

Die Boksburg VLU kom elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 by die Klipkerk bymekaar.

Kontak Prinsloo by 082 612 0844 vir meer inligting en navrae.

Lees Ook: Boksburg VLU geniet Oktober vergadering

Lees Ook: Boksburg VLU sluit jaar af

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button