Ondersteun Boksburg Helpende Hand se Ons Winkel
Die plaaslike tak sal die publiek se ondersteuning waardeer.

Is daar iets in jou huis wat in die pad staan of bars jou kas uit sy nate met klere wat jy nie meer dra nie?
Skenk dan jou items aan Solidariteit Helpende Hand se Boksburg-tak te Mainstraat 49, Witfield.
Items soos meubels, linne, klere, skoene, kombuisware en elektriese toebehore in ’n bruikbare toestand sal waardeer word.
“Ons verkoop dan die skenkings teen bekostigbare pryse aan die publiek.
“Uit die wins, bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, werksgeleenthede en studiefondse aan behoeftige studente.
“Ons Winkel is aktief in die gemeenskap en wil Boksburg dien,” het Amanda Zeelie, ondervoorsitter van die plaaslike tak, gesê.
Die publiek word ook aangemoedig om die winkel te ondersteun.
Ons Winkel Boksburg se deure is van Maandag tot Vrydag vanaf 10:00 tot 16:00 oop en Saterdag van 10:00 tot 13:00.
Vir meer inligting, kontak 083 399 1688 of boksburg@onswinkel.co.za of besoek helpendehand.co.za/ons-winkel/
Lees Ook: Helpende Hand Boksburg benodig nog skryfbehoeftes vir projek
Lees Ook: Helpende hand het die publiek se hulp nodig



