Inspirasieminuut by Oosrandse Sakevroue vergadering
Die Oosrandse Sakevroue het op 6 April ’n vergadering te Summer Place gehou, waar Nicolette Steel gaste toegespreek het.
Soos gesien op kykNET se Groot Ontbyt se Inspirasieminuut, doen Steel presies waarvoor sy geskape is. Sy is ’n gebore storieverteller. Stories van hoop. Volrond stories wat getuig van die paaie waar sy was, die mense wie sy ontmoet, die grond waarop sy spore trap. Hierdie stories is soos engele wat haar volg.
Soms was en selfs onverwags is klippe op die spyskaart vir haar en haar gade, Wayne. Hulle het geleer dat in ’n huwelik moet jy klippe fyn kou. ’n Huwelik wat taai tye oorleef is ware liefde, al voel dit nie so nie.
Haar grootste uitdaging is kinders grootmaak. Sy is bewus van die genade waarmee hulle kinders grootgemaak is, suiwer genade, die wysheid het menigmaal te kort geskiet. Haar passie is hoop en haar liefde is vir mense.
Die tema van haar toespraak was Ek, Myself, Ons Twee, Die Vier van Ons, in die Hier en Nou.
Gaste ook ’n driegangmaaltyd geniet en van die geleentheid gebruik gemaak om te netwerk en mekaar beter te leer ken.
Karen Herbst, voorsitter van die Oosrandse Sakevroue, het die funksie as ’n sukses beskou.
“Ons is tevrede met hoe die funksie afgeloop het en hoeveel mense dit in so ’n kort kennisgewing bygewoon het.
“Een van ons komiteelede is vriende met Steel en sy het ons in kennis gestel dat sy in die land is vir ’n paar dae en beskikbaar is om ons toe te spreek,” het Herbst verduidelik.
Herbst het haar dank uitgespreek teenoor die gasspreker, gaste, Summer Place en almal wat bygedra het tot die sukses van die geleentheid.
Die Oosrandse Sakevroue is ’n nie-winsgewende organisasie wat al vir ongeveer 19 jaar bestaan.
Vir meer inligting oor die organisasie, kontak Karen by karen.herbst@sanlam4u.co.za
Lees Ook: Sakevroue sluit jaar saam met Die Campbells af
Lees Ook: Oosrandse Sakevroue sluit jaar saam met Kevin Leo af



