News
Inspan sluit die jaar af
Die laer is op 13 Desember 1965 gestig en die eerste Volkspele is in die Hoërskool Dr EG Jansen saal onder leiding van Frans Nolte gehou.
Lede van die Inspan Volkspelelaer het onlangs die jaar op ‘n hoë noot afgesluit by die Witfield Park Aftree-Oord.
Tydens die laer afsluiting het die niggies en neefs dit geniet om liedjies soos Stille Nag te sing.
Na afloop van die program het die volkspelers ‘n lekker roomys geniet.

Marita van der Walt, sekretaresse, het namens Inspan die lesers ‘n geseënde en vredevolle feestyd toegewens.
Inspan Volkspelelaer sal weer in Januarie by die Witfield Park Aftree-Oord bymekaar kom.
Vir navrae kontak Marita van der Walt, sekretaresse by 074 116 5497.
Lees Ook: Volkspelers vereer tydens saamtrek
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






