Susan Badenhorst Voortrekkers ervaar boemelaarslewe tydens kamp
Die lede van die kommando is geleer om boemelaars te respekteer.

Die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando het onlangs ‘n ‘boemelaarskamp’ gehou by die NG Kerk Wifield waar almal soos boemelaars moes aantrek en hulle eie skuilings vir die nag moes bou.
Tydens die kamp kon die lede hulself in die skoene van ‘n boemelaar sit.
Kommandoleier Louis Grobler het verduidelik die ontwerp en uitleg van die skuilings vereis baie beplanning en van die ouers het ook gehelp met die bouwerk.
“Die kombuis het vir elkeen ‘n ‘kota’- tipe brood gemaak, wat in advertensiepapier toegedraai was om deel te vorm van die tema.”
Gedurende die aand het die kinders veldfilms teen ‘n wit laken gekyk.

“Die idee van buite wees en in die oopte slaap was meer opwindend, en die kinders het gou begin wegkruipertjie of bal te speel,” het hy gesê.
Grobler het die aand as ‘n groot sukses beskryf.
“Alhoewel sommige van die skuilings deur die nag inmekaar gestort het en ander planne gemaak moes gemaak word, was dit steeds lekker.
“Oom Willie Smit, een van ons offisiere, het voor die kamp die kinders meer oor boemelaars geleer en dat ons hulle steeds moet respekteer as mense, al sukkel hulle finansieel.”
Susan Badenhorst Voortrekker Kommando is ‘n dinamiese jeugbeweging wat steeds van krag tot krag gaan.
Die beweging leef die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uit.
Lede kom elke Maandag middag tussen 17:15 en 18:15 by die NG Kerk Witfield, Lowtherstraat 65 bymekaar.
Vir meer inligting, kontak Louis by 082 495 5969.
Also Read: Susan Badenhorst Voortrekker Kommando gee terug aan die gemeenskap