Local news

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando gee terug aan die gemeenskap

Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret.

Die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando het onlangs hulle harte oopgemaak teenoor Solidariteit Helpende Hand Boksburg, Primrose-Oos NG Gemeente en die Boksburg DBV.

Die kommando het agt sakke klere aan Helpende Hand en agt sakke klere en speelgoed aan die kerk geskenk.

Louis Grobler, ‘n lid van die kommando wat die initiatief om klere te skenk gelei het, verduidelik hy het met die idee vorendag gekom omdat hy gesien het hoeveel mense sukkel om te oorleef, veral na die Covid-19-pandemie.

“Ek beplan om volgende jaar meer klere te skenk aan minderbevoorregte mense. Daar is baie wat mens kan doen om ander te help,” het hy gesê.

Verder het die kommando ook kos aan die Boksburg DBV geskenk.

Nog ‘n lid van die kommando, Carla Grobler, het verduidelik haar liefdadigheidsprojek om kos aan die DBV te skenk is geïnspireer deur haar aangenome honde.

Neo Mmoya, ‘n inspekteur van Boksburg SPCA het die skenking aanvaar en gesê die skenking beteken baie vir die organisie omdat hulle onlangs baie honde ontvang het.

“Dit is lekker om te sien daar is mense wat lief is vir diere,” het hy bygevoeg.

Die kommando kom weer vanaf 16 Januarie 2023 elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 bymekaar by NG Kerk Witfield, Lowther Straat 65.

Alle kinders van Graad R tot Graad Sewe en hoërskoolleerders word uitgenooi om betrokke te raak. Die beweging bied ook uitstekende geleenthede vir werkende volwassenes en ouers om betrokke te raak.

Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp-boodskap aan die kommando na 083 293 1107.

Lees Ook: Voortrekkers blink uit

Lees Ook: Voortrekkers skenk aan Solidariteit Helpende Hand

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button