Local news
Oud-Esties geniet 30-jaar reünie
Dit was 'n feestlike geleentheid waar die klasmaats kon inhaal oor die jare wat verby is.
Oor die afgelope 30 jaar het heelwat verander. Dit is iets waarvan Hoërskool Elspark se klas van 1992 kan getuig.
Die groep het op 27 Augustus by Laerskool Elspark se gronde, op die grens van Boksburg en Germiston, byeengekom vir hul 30-jaar reünie.
Tydens die reünie het die klasmaats ingehaal oor die jare wat verby is. Daar is baie staaltjies oor die goeie skooldae vertel.
Verder het hulle ‘n heerlike maaltyd in die skool se lapa geniet.
Lees Ook: Germiston Hoërskool se 1964-klas hou reünie
Lees Ook: Boksburg High School’s class of 1968 reunion lunch
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!








