Plaaslike paartjie vier goue bruilof
Die egpaar sien uit daarna om op 23 September hul 50ste huweliksherdenking te vier.
Wedersydse respek, vertroue en aanvaarding het Piet (71) en Marietjie (71) van der Westhuizen al die jare bymekaar gehou.
Die egpaar vier op 23 September hulle 50ste huweliksherdenking.
Piet en Marietjie het mekaar by ‘n partytjie in Railwaystraat ontmoet. Die liefde het later eers begin blom en die paartjie is in Kempton Park se stadsaal in 1972 getroud.
Saam het hulle al sewe sakke sout opgeëet. Piet was ‘n passer en draaier terwyl Marietjie ‘n tuisteskepper was.
Die paar is lief daarvoor om te gaan toer en het al byna die wêreld gesien.
Hulle is geseënd met twee dogters, Lelani Reynecke en Celeste le Roux en twee kleinseuns.
Piet en Marietjie se raad aan jong paartjies: “Praat dinge uit sodra julle rustig is. Sorteer dinge uit en gaan aan. Moenie kwaad gaan slaap nie.”
Piet het sy vrou en sy familie bedank vir hulle ondersteuning.
Die egpaar se familie beplan om hulle te bederf met middagete saam met vriende en famille ter viering van hulle spesiale dag.
Lees Ook: Liefde blom steeds na 60 jaar
Lees Ook: Pieter en Maria herdenk 50 wonderlike jare



