Hettie Robbinson van die Boksburg Vroue Landbou-Unie is ‘n trotse Afrikaner.
Biltong en braai is deel van haar kultuur.
Vir Hettie is Erfenisdag, wat jaarliks op 24 September gevier word, en boomplantdag sinoniem met vriende bymekaarkom en dankbaarheid toon aan die Skepper. “Ons dink aan ons erfenis wat vir ons bewaar is van geslag tot geslag.”
Soos ‘n eg-Afrikaner, vier Hettie die dag met ‘n braai.
“Tydens hierdie vieringe begin ons met versnapperings soos biltong, grondbootjies, skyfies en iets lekkers om te drink om die keel nat te hou terwyl hul wag vir die vuur.”
Op die spyskaart is daar tradisionele tjoppies, wors en sosaties. Wat is ‘n braai sonder braaibroodjies? Daarom is daar ook broodjies met kaas, uie en tamatie.
Saam met die vleis is daar stywe pap met sous, aartappelslaai, groen mengelslaai en knoffelbrood.
Na die ete is almal in die swembad en daarna word lekker souskluitjies bedien met room roomys vla.
Lees Ook: Heritage Month: Tell us what’s on your mind
Lees Ook: #Erfenismaand-resep: Mikrogolf fudge



