Spesiale saamtrek vir Inspan
Volkspelers van oral oor die land her die geleentheid ondersteun.
Inspan Volkspele Laer Boksburg het op 17 September hul jaarlikse saamtrek gehou.
Die saamtrek het plaasgevind in die saal van Witfield Park Aftree-Oord en Inspan is baie dankbaar vir die gebruik van hierdie fasaliteit.
Die geleentheud is goed ondersteun deur Volkspelers van oral oor die land.
Spelers van Bethlehem, Potchefstroom, Nylstroom en selfs Polokwane het ook die geleentheid ondersteun.
Volgens Marita van der Walt, sekretaresse van Inspan Volspelelaer, was daar heerlik saamgespeel, gesing en ook geëet aan ‘n ligte maaltyd wat die Inspan niggies met sorg voorberei het.
Vele van die Witfield Park inwoners het ook na die geleentheid gekom as toeskouers en het dit baie geniet.
By hierdie geleentheid het Sophie Marx ‘n 50-jaar dienstoekenning van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging ontvang.
Sophie is die afgelope 15 jaar ‘n getroue laerlid van Inspan Volkspele laer.
Hierdie toekenning is aan niggie Sophie Marx oorhandig deur neef Johan de Beer van die Nasionale Raad, niggie Henna van der Westhuizen en neef Stiaan van der Walt (laerleier van Inspan).
Inspan Volkspelelaer se oefenaande is op Dinsdae aande om 19:00 by Witfield Park Aftree-Oord.
Also Read: Inspan Volkspelelaer steeds aktief
Also Read: Plaaslike volkspelers geniet byeenkoms in Brandford





