Bethlehem Huis van Brood benodig gemeenskap se hulp om kinders te bederf
Verlede jaar het ongeveer 450 kinders die kerspartytjie geniet.
Bethlehem Huis van Brood beplan weer om talle kinderharte te verbly hierdie feesseisoen met hulle jaarlikse Kersfunksie, Kersboom vir die Gemeenskap.
Hierdie jaar sal die partytjie op 10 Desember te Van Dyk Park Winkelsentrum (voor A’s Café) plaasvind.
Huis van Brood beoog om ongeveer 600 kinders van regoor Ekurhuleni te bederf. Enige kind tussen die ouderdom van nul tot 17 is welkom om die geleentheid by te woon.
Vele ouers is nie in staat om vir hulle kinders Kersgeskenke te koop en Kersfees spesiaal te maak vir hulle kinders nie, en daarom het die organisasie besluit om hierdie inisiatief aan te pak.
Verlede jaar het ongeveer 450 kinders ’n warmbrak, springmielies, roomys, kolwyntjies en lekkergoed pakkies en geskenke ontvang.
Die kinders het elke oomblik geniet deur hul gesiggies te laat verf en aan watersport en springsakkompetisies deel te neem.
Nog ’n hoogtepunt van die geleentheid was toe Kersvader ’n draai kom maak het. Sanger Franco van Zyl het ook gaste vermaak.
Hettie van Zyl, een van die organiseerders, het benadruk dat die organisasie hulp van die gemeenskap nodig het om ‘n sukses van hierdie projek te maak.
Die organisasie benodig die volgende:
• Ou gebruikbare speelgoed.
• Enige sakkies met toiletware vir jonger dogters en seuns. Die organisasie kan dit dit self verpak.
• ‘n Donateur vir items soos lekkers, water roomyse, skyfies, koeldranke, weense worises (10kg), geskenkpapier, skryfbehoeftes en inkleurboeke.
Fondse vir die projek sal ook waardeer word. Vir meer inligting, kontak Hettie by 081 550 8242.
Lees Ook: A true hero of Van Dyk Park passes away
Lees Ook: Kinders geniet Kerspartytjie



