Local news

Plaaslike polisieman blink uit by ‘rifle combat’ kompetisie

Diedericks het grootgeword in die suide van Johannesburg en het by die polisie aangesluit het omdat hy die gemeenskap wil dien en beskerm.

Gauteng Highway Patrol se Sersant Gerhard Diedericks van Boksburg-Wes het goud losgeskiet in die Provincial Combat Rifle Championships (Gauteng en Noord-Wes gekombineer) wat by die Dirkie Uys skietbaan in Potchefstroom uitgespook is.

Geen teiken was te klein vir Diedericks wat ‘n eerste plek losgeskiet het en ‘n totaal van nege goue, vier silver en ‘n brons medalje ingeryg het in die B-klas.

Dié bekwame polisieman het verduidelik lede van die SAPD, SANDF en PCRA (publiek) het deelgeneem aan die kompetisie. Daar was teikens van ‘n afstand van 100m, 200m en 300m wat deelnemers moes skiet.

Diedericks het hard gewerk om voor te berei vir die kompetisie en is trots op sy prestasie.

“Jy oefen om jou vaardighede te verbeter. Daar is so baie aspekte soos die wind en hitte wat ‘n rol speel,” het hy verduidelik.

Volgens hom is sy prestasie alles te danke aan die SAPD wat hom die geleentheid gegee het aan die kompetisie deel te neem en almal wat hom ondersteun het.

“Daar is soveel mense wat my gehelp het. Ek wil graag dankie sê aan my bevelvoerder en maatskappye soos Legendary Gaurdians Exclusive Protection, X Factor Signs en Blue Elephant Valets.”

Diedericks het grootgeword in die suide van Johannesburg en het by die polisie aangesluit het omdat hy die gemeenskap wil dien en beskerm.

Voordat hy Highway Patrol toe is, het hy onder meer by Vaalwater en Boksburg-Noord SAPD gewerk.

Gauteng Highway Patrol bevelvoerder Luitenant Kolonel Pieter Smith het Diedericks geluk gewens met sy prestasie.

“Sersant Diedericks het die eenheid se naam hoog gehou en ons trots gemaak. Hy is passievol oor die sport en het hard gewerk.”

Also Read: Boksburg North SAPS donates walker to resident

Also Read: Take note of Boksburg North SAPS contact details

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button