Local news

Plaaslike paartjie steeds verlief na 50 jaar

Die paartjie het ter viering van hul huweliksherding hul troubeloftes hernu.

Na 50 jaar van getroude lewe blom die liefde steeds tussen Van Dyk Park se Toy (72) en Anna-Marie de Wit (72).

Die egpaar het op 1 Oktober hulle goue bruilof gevier.

Dit was liefde met die eerste oogopslag toe hulle mekaar op skool ontmoet het. Albei is gebore in Boksburg en het skoolgegaan by Hoërskool Voortrekker.

Hulle het die knoop deurgehaak by die NG Kerk in Libradene. Nou doen hulle alles saam en maak mekaar se sinne klaar.

Verdraagsaamheid, respek en vertroue het dié paartjie al die jare bymekaar gehou.

“Sy is my alles. Dit voel soos gister wat ons getrou het,” het Toy gesê.

Toy was al die jare in die meubelbedryf (takbestuurder en verkoopsman) terwyl Anna-Marie ‘n besigheidseienaar is.

Hulle is lief daarvoor om feeste saam by te woon en beplan om te reis en die land te verken.

Die egpaar is geseën met twee seuns, Stephan en Dewald, vier kleinseuns, twee kleindogters en ‘n agterkleinkind.

Toy en Anna-Marie se raad aan jong paartjies: “Kommunikeer en sorteer ‘n probleem dadelik uit. Moenie kwaad gaan slaap nie en maak tyd vir mekaar.”

Die paartjie het hulle spesiale dag te Summer Place gevier, waar hulle hul troubeloftes hernu het voor 50 gaste wat uit familie en vriende bestaan het.

Lees Ook: Local couple celebrates 50th anniversary

Lees Ook: Vyf dekades van liefde vir Van Dyk Park egpaar

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button