Vroue Landbou Unie bestuur gekies
Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig.
Die Boksburg Vroue Landbou Unie (VLU) se bestuur vir volgende jaar is onlangs tydens ‘n algemene maandvergadering by die NG Kerk Boksburg (Klipkerk) aangewys.
Die bestuur vir 2023 is Marinda Janse van Rensburg (voorsitter), Magriet Marx (visivoorsitter), Petra Nelson (sekretaresse), Alta Prinsloo (tesourier) en Hettie Robinson (skakelbeampte).
Verder het die vroue tydens die geleentheid lief en leed gedeel.
Nina Nel, visepresident van die Goudrif-streek, het ook die vergadering bygewoon om die verkiesing waar te neem.
Robinson het die publiek aangemoedig om betrokke te raak by die tak.
“Die Boksburg-tak is altyd op soek na nuwe lede. Enige persoon, oud en jonk, is welkom om by ons aan te sluit,” het Robinson bygevoeg.
Die VLU bestaan al vir 90 jaar en is ’n nie-winsgewende organisasie wat die volwasse vroue verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.
Boksburg VLU kom elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 by die Klipkerk bymekaar.
Kontak Prinsloo by 082 612 0844 vir meer inligting en navrae.
Lees Ook: O, die Baanbreker Voortekkers het ‘n perd, ‘n blink stokperd
Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers geniet jaarlikse kerkdiens



