Local news

Inspan sluit jaar op hoë noot af

Die laer is op 13 Desember 1965 gestig en die eerste Volkspele is in die Hoërskool Dr EG Jansen se saal onder leiding van Frans Nolte gehou.

Inspan Volkspelelaer het op 6 Desember ‘n gesellige gewyde afsluiting by die Witfield Park Aftree-Oord gehad.
Lede by die afsluiting het geniet om liedjies en kersliedere saam te sing.

Geskenkies is uitgedeel aan vriende en ondersteuners van die laer, wie ook inwoners van Witfield Park Aftree-Oord is.

Die laer-niggies het gesorg vir verversing en daar is lekker saamgekuier.

Marita van der Walt, sekretaresse, wens namens Inspan die lesers ‘n geseënde en vredevolle feestyd toe.

Lede van die Inspan Volkspelelaer kom weer vanaf 9 Januarie by Witfield Park Aftree-Oord bymekaar.

Skakel Marita van der Walt, sekretaresse, by 074 116 5497 met navrae.

Lees Ook: Kom maak ‘n tiekiedraai by die plaaslike Inspan Volkspelelaer

Lees Ook: Inspan Volkspelelaer steeds aktief

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button