Local news

Goudrif VLU Goudrif streek sluit jaar op hoë noot af

Die jaarafsluiting was weer eens ’n spoggeleentheid.

Die Vroue Landbou-unie Goudrif-streek het onlangs ‘n elegante jaarafsluiting by die NG Kerk Boksburg-Suid gehou.

Dit was ook die laaste streeksafsluiting deur die streeksverteenwoordiger Alta Prinsloo, ook die Boksburg-tak voorsitter, wat aan die einde van haar termyn gekom het.

Alta se voorsitterskap is nog van krag tot 25 Februarie 2023, met die konferensie waar die nuwe streeksvoorsitter aangewys sal word.

Volgens Boksburg VLU skakelbeampte Hettie Robinson is die tak dankbaar vir die voorreg wat hul te beurt geval het waar al die vorige presidente teenwoordig was by die onthaal.

“Moenie die ander streeksvoorsitters vergeet nie, want hulle was almal by die funksie,” het Robinson vertel.

Kabous was die gaskunstenaar en die vroue het geniet om na hom te luister.

Tamaryn Lombaard (bestuurder) en Mariska Venter (inspekteur) van Brakpan DBV het ook namens die tak ‘n skenking van items soos hondekos en kombersies ontvang.

Verder was die tafels mooi versier en almal het gesmul aan die heerlike eetgoed.

Also Read: Word deel van die VLU in Boksburg

Also Read: VLU leer fudge en rose maak

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button