Local news

Woord en Lewe groet ‘n groot Godsman

Die geliefde pastoor laat 'n groot leemte.

Pastoor Ronnie Barnard was ‘n legendariese figuur wat jou altyd sou herinner dat alles net die genade van die Here is en dat ons altyd diep afhanklik van Hom moet wees.

Pastoor Ronnie, soos hy alombekend was, is op 9 Desember oorlede.

Hy was vir dekades die presiderene pastoor van Woord en Lewe-gemeente wat nou deur sy seun Rénaldo behartig word.

Die geliefde pastoor gaan nie net deur die personeel en gemeentelede gemis word nie, maar wêreldwyd.

Hy het op verskeie rade van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS) gedien en was ook betrokke by die opleiding van pastore in verskeie Afrikalande.Hy het ‘n oop hand gehad waar daar nood was en het menige kerke dwarsoor die kontinent begin.

Ronnie het meer as 30 jaar gelede die beroep na AGS Parkrand (soos dit toe bekend was) aanvaar. Onder sy leiding is ‘n groot tentstruktuur aangekoop.

Deur baie gebede en deursettingsvermoë is dit in ‘n megakerk omskep. In 2000 is die nuwe koepelkerkgebou in Sunward Park geopen en is die naam verander na AGS Woord en Lewe.

‘n Engelse gemeente, onder leiding van past Basil Panayi, is ook gestig en word op dieselfde perseel gehuisves.

Onder Ronnie se leiding het dinge gebeur, amper te veel om op te noem. Dit sluit in ‘n beradingsentrum, ‘n sentrum vir persone met afhanklikheidsprobleme (REACH) asook ‘n skool, Sunward Christian Academy.

‘n Voedingskema is op die been gebring wat tot vandag toe nog ‘n groot groep mense van die gemeenskap bedien. ‘n Netwerk, bestaande uit gemeentes vanoor die hele Suid-Afrika, is ook onder sy leiding en onder die vaandel van Woord en Lewe-gemeente tot stand gebring.

Hy laat sy vrou, Henriëtte, twee seuns met hulle gades, Rénaldo en Sharali, Doray en Ricky, en vyf kleinkinders agter.

• Inligting verskaf deur Woord en Lewe.

Also Read: Susan Bandenhorst Voortrekkers skenk aan Bybelgenootskap

Also Read: Lewende Woord Boksburg samel kos in vir mense in KwaZulu-Natal

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button