Local news

Sakevroue maak harte oop teenoor senior burgers

Sakevroue bederf senior burgers met handsakke

Die Oos-Randse Sakevroue het onlangs handsakke met bederfies binne-in geskenk aan die vroulike woonstel inwoners van die SAVF Huis Dien Bothma.

Volgens Karen Herbst, voorsitter van die organisasie, was die doel van die van die handsakprojek dat elkeen van die vroue ‘n handsak as ‘n Kersgeskenk kies.

Daar is ongeveer 40 handsakke uitgedeel.

Ingrid Delport, deel van die komitee, het verduidelik sy het die handsakprojek met ‘n kliënt bespreek, wie vroue by haar firma se verskeie takke gevra het om handsakke te skenk.

Die sakevroue se bestuur en van hul vriendinne het die items, die bederfies soos handeroom sjokolade, serpe en notaboekies vir binne die handsak voorsien.

Tiekie Mertens, bestuurder van Huis Dien Bothma, het haar dank teenoor die sakevroue vir die gebaar uitgespreek.

Lees Ook: Sakevroue se eerste gholfdag ‘n sukses

Lees Ook: East Rand Business Women back on track

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button