Plaaslike sjef gaan vlerke oorsee sprei
Angelene is een van vyf Suid-Afrikaners wat 'n geleentheid gekry het om 'n internskap in Amerika te gaan doen as 'n pastry sjef.
Angelene Theron van Parkrand se lewe draai om bak en kreatief wees.
Nou het sy die geleentheid gekry om hierdie passie oorsee te gaan uitleef.
Die 23-jarige het op 11 Januarie vertrek na Amerika waar sy as ‘n intern ‘pastry chef’ by ‘n top restaurant, Brennan’s Restaurant, gaan werk.
Angelene het verduidelik dat sy een is van vyf Suid-Afrikaners wat uit ongeveer 200 aansoeke suksesvol was.
Die aspirant-sjef sê sy is opgewonde oor die geleentheid.
“My pa se nefie het ‘n restaurant gehad. Hy het eendag toe ek 14 was vir my die kombuis gewys en ek het verlief daarop geraak.
“Skool was stresvol en as dit ‘n moeilike dag was, het ek maar altyd gebak. Ek het nooit daaraan gedink as ‘n beroep nie, net iets wat ek by die huis doen. My niggie het dit toe voorgestel en ek het toe besluit om dit te doen.
“Om met deeg te werk lê na aan my hart. Ek hou van die tegniese aspekte daarvan.”
Haar droom is om ‘n koffiewinkel in Boksburg oop te maak as sy na Suid-Afrika terugkeer.
Lees Ook: Young chefs … Have you got what it takes?
Lees Ook: Get creative with Chef Charne’s Korean bibimbap



