Local news

Gemeenskap bedroef na afsterwe van geliefde inwoner

Davie word onthou as iemand way altyd bereid was om te help.

Die gemeenskap is bedroef na die afsterwe die geliefde Rosedene-inwoner, Davie van der Merwe (83).

Davie is op 30 Januarie weens natuurlike oorsake oorlede.

Hy was ‘n jarelange inwoner wat diep spore in die gemeenskap getrap het.

Volgens sy vrou, Beatrice, was hy vriendelik, altyd bereid om te help en het hy altyd geglimlag.

“Hy was ‘n vredevegter en lid van die ATKV. Hy het baie toekennings van die ATKV en Woonwa Vereninging ontvang.”

Davie het die ATKV Gesintak Boksburg begin in 2008 en het as voorsitter gedien tot 2015.

“Hy was betrokke by baie dinge en voorsitter van onder andere die Rapportryers, GPF, Kultuurraad en Uitvoerende Kunste van Boksburg.”

Beatrice het verduidelik Davie was ook ‘n wyksverteenwoordiger vir die sittende raadslid, Johan Louw, en ‘n direksielid by Forever Resorts (Mount Sheba).

“Hy het 12 jaar ononderbroke vir die ERPM-rugbyklub gespeel. “Hy was ook ‘n ywerige karavaankamper.”

Beatrice het vertel dat Davie ‘n groot leemte laat en gemis word. Hy laat sy vrou, twee dogters, skoonseuns, vyf kleinkinders en agterkleinkinders agter.

‘n Roudiens was vir hom op 4 Februarie te Boksburg-Wes NG Kerk gehou.

Lees Ook: ATKV gesinstak in Boksburg hou hul jaarvergadering

Lees Ook: ATKV Gesintak Boksburg steeds aktief

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button